Jump to content

Recommended Posts

Posted

In Beeld today.

 

http://www.beeld.com...kkie-hulle-tref

 

So sad and unneccesary. RIP fellow cyclists :(.

 

Egpaar sterf kort ná mekaar ná bakkie hulle tref

 

’n Boer en sy vrou van Tweespruit is Sondag albei dood nadat ’n bakkie hulle op hul fietse omgery het. Lionel Flanegan (45), ’n beesboer van die plaas Alexandria by Tweespruit, en sy vrou, Ly­nette, van iets in die 50, het Sondagoggend oudergewoonte fietsgery. Die botsing het sowat 6 km buite Tweespruit gebeur.

 

Lynette, wat by Standard Bank in Thaba Nchu werk, is op die toneel dood en haar man later in die Mediclinic Bloemfontein. Amanda Appelgryn, hospitaal-woordvoerder, sê Flanegan het veelvuldige ernstige beserings opgedoen en het in die teater aan sy wonde beswyk. Die paartjie ry gewoonlik saam met ’n groep mense fiets en neem gereeld aan wedrenne deel, asook aan marathons.

Arthur York, ’n goeie vriend van die egpaar, het gesê ’n motoris het hom van die toneel af met Lionel se selfoon gebel en gesê hy moet kom. Hy en sy seun, Russell, het hulle daarheen gehaas en daar gebly totdat die ambulans opgedaag het.

 

Russell het saam met Lionel in die ambulans na die hospitaal gery. Die erg beseerde Lionel het heeltyd gevra hoe dit met sy vrou gaan, het Russell gesê.

Dave Orchison, ’n neef van Lionel, het by die hospitaal gesê daar is geen rede hoekom Sondagoggend hul laaste dag moes wees nie. “Daar was nie swaar verkeer nie en nie slegte weer nie. As jy nie eens op ’n Sondagoggend saam met jou vrou kan gaan fiets ry nie . . . Die lewe is te goedkoop.” Volgens hom ry hy gewoonlik saam met die paartjie fiets, maar kon nie Sondagoggend nie omdat hy griep het.

Posted (edited)

This is why I ride on rollers in a garage more and more these days. I'm starting to get too intimidated to ride. I only feel comfortable in races or designated cycle parks these days....

 

If you not getting mowed off the road, then you getting bike jacked in the veld.... Cycling must currently be the most dangerous sport in SA period.

 

RIP

Edited by KENDA
Posted

Do you think the driver feels any remorse for killing an innocent couple?

 

If it were me I wouldn't be able to live with myself but it seems SA citizens lack any compasion for fellow man.

 

This has really upset me.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout