Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 973
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Ek leen hierdie by ander wat dit geleen het - dit is nie my skrywe nie...

.....................

Geleen deur een skrywer wat dit op Tumi se komentaar gaan plaas het:

 

Liewe Tumi, ek hoop jy kan Afrikaans lees. Anders kan ek vir jou in isiZulu of Setswana of Engels skryf want ek kan. Miskien Nederlands of Frans en Duits, want ek kan. Jy ken my nie maar jy sê dat jy my moet straf vir die fiets wat ek gesteel het. Wel die fiets is gesteel voor jou geboorte en toe ek sekerlik te klein was om fietse te steel, nietemin, ek is wit, so ek moet boete doen vir daai fiets. Wel Tumi, ek het nie jou fiets of enige iemand anders se fietse gesteel nie. My ouers het my van kleins afgeleer om sodra ek my fiets klaar betaal het, om vir ander mense fietse te koop wat nie het nie. En ek hét. Baie! Soos jy duidelik praat van 'jou' mense en 'my' mense, was meeste van daai fietse vir joú mense... Maar dit stop nou. Jy weet al die skryfbehoeftes wat ek by swartskole afgelaai het stop nou. Die sopkombuise vir honger, koue swart mmamogolos, is klaar. Die speelgoed en klere wat by swartkleuterskole afgelaai is, gaan nou na 'my' mense toe moet gaan. Geen meer insamelings vir swart matriekmeisies se rokke nie. Geen geld om ook aan kampe en uitstappies deel te neem nie, dit gaan nou in my kerkbordjie in. Jy het my oortuig. Ek moet vir my mense sorg en jy vir joune né? Nie net, AM I FROM THIS SOIL, ek is met my voete in die grond gebore en ek het in die grond gewerk en gegroei. Jy veralgemeen(generalize) dis 'n moeilike woord, ek weet. Ek sê dan vir jou, Tumi Morake, elke plaasmoord van 'n oumens, is jóu skuld. Transito rooftogte, was jy Tumi!! Looting, aai Tumi sien ek jou dan hol met 'n bottel Bell's oor die pad? Jy het voor gestaan toe die universiteite gebrand is!! Jy, Tumi, het BEE ingestel en enige blanke man bo 30 is bang om sy werk te verloor. Tumi, jy het met die Guptas gekonkel en die staatskoffers geplunder né? Is jy dalk mnr. zuma se 10de bruid?

Liewe Tumi, stupid soos ek wás, het gehoop daar kan 'n 'ons' wees in hierdie mooi land van ons Suid-Afrika. Nee, jy klim op 'n openbare platform en vertel vir my, dis ons en julle en terwyl jy jou vinger voor my neus swaai, maak jy my hart swart. Nie swart soos in jou velkleur nie, swart, soos in bitter. Ek glo jy sal fine wees, so op jou eie troontjie....ek hoop Jaguar vat jou kar terug....Jy het mos nou weer 'n fiets?

Groete,

Sala sentle,

Goodbye,

Auf Wiedersehen.

 

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Posted

Case gaan een beter want jou toekoms is nie altyd groen, John Deere groen nie! [emoji6] 56a7bc25bb261f087d707f6a9378fa64.jpg

 

Hou die rubber op die grond!

As jy 'n CASE sticker op jou bakkie plak gaan mense weet jy is te arm om Toyota te ry.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout