Jump to content

Die Naafland Afrikaanse draad


Kalahari Vegmot

Recommended Posts

Ek soek Plaaswerk asb203c.png
Ek het ervaring in:
• Die verkeerde perd opsaal, 
• Te veel hooi op die vurk laai, 
• 'n Eiertjie lê, 
• Jong osse inspan en
• Katte skiet.
Dan kan ek ook ou • koeie uit die sloot grawe en
• met die hele mandjie patats uitkom.

Ek sal 
•deur die wingerd loop met wingerdgriep en die 
• wrange vrugte pluk.
Vroeg smôrens sal ek 
• die room afskep, en op 
• eiers loop.

Ek kan natuurlik ook 
• balke saag, 
• twak verkoop, 
• appels swaai, en jou wys waar 
• Dawid die wortels gegrawe het.

My spesialiteit is om 
• pêrels voor die swyne te werp en met 
• 'n ander man se kalwers te ploeg.

Ek... 
• sal saam met die hoenders gaan slaap!

Ek sal vir jou 
• die bul by die horings pak.

My weiveld ondervinding is om vir 
• Wolf skaapwagter te maak en ook om 
• agteros in die kraal te kry na dit by 
• Daantjie in die kallerhok was.

Ek kan 
• skape tel.
• die dam onder die eend uitruk, en ek 
• kan hond haar afmaak.

Ek is 
• 'n perd van 'n ander kleur, ouens soos ek is 
• so skaars soos hoendertande.

Ek werk vir 
• 'n appel en 'n ui!

Laat weet my asseblief spoedig.
Ek kan enige tyd begin, 
• net nie hierdie Saterdag nie want 
• Jakkals het my genooi vir sy troue.
Hy trou met 
• Wolf se vrou.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

As jy sien die Vryheidsfront Plus het die hele kabinet oorgeneem, die Springbokke is weer no 1 in die wêreld, petrol kos weer R1.20 'n liter, biltong word gratis by jou huis afgelewer en die vis byt weer....dan moet jy weet die dagga wat jy rook, is uitvoergehalte[emoji263]

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
  • 3 weeks later...
Ma het my geleer hoe om te bid: "Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"

 

Sy het my geleer van "time travel": "Ek sal jou tot in volgende week in klap!"

 

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"

 

Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"

 

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Mejufroutjie!!!"

 

Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"

 

Sy het my geleer van fauna en flora: "Moenie vir my vertel perdedrolle is vye nie!"

 

Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"

 

Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!"

 

Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"

 

Sy het my geleer van sintuie: "Kinders word gesien en nie gehoor nie!"

 

Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"

 

Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kindertjies wat ouers soos joune begeer!"

 

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is: "As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!"

 

Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tande tel!"

 

Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"

 

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: "Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout