Jump to content

Recommended Posts

Posted

Gelees op Agriforum......kan dit nie beter stel nie !!!

Cheers...ons is 8%, maar ons het die invloed van n 80% !

 

"Aan die suidpunt van Afrika bly daar ’n spesiale klomp mense. Al tel hulle onder minder as 8% van die land se bevolking, is hierdie mense besonder merkwaardig:

 

Só merkwaardig dat die ANC-meerderheidsregering amper daagliks wette moet skep of wysig om hierdie klein minderheidsgroepie te kriminaliseer, te marginaliseer en te penaliseer;

 

Só merkwaardig dat hul sonder parlement, polisie, stemkrag en staatshulp elke dag aan ’n toekoms voortbou omdat hul glo dat God hulle hier geplaas het met ’n spesifieke doel en roeping; en

 

Só merkwaardig dat hul vir bykans vier eeue hier oorleef – geboelie deur die magtige Brittanje, die Groot Depressie, die onregverdige ANC en barbaarse plaasaanvalle.

 

Die omstandighede waarin hierdie mense leef, is ontwerp om hulle te vernietig, maar hulle word net sterker en sterker, en hul geloof in God net groter.

 

Hulle eet biltong en beskuit, drink moerkoffie en gaan Sondae kerk toe. Hulle sing “Ou ryperd” en hou vakansie by die see; hulle hou van braai (met mieliepap of patats); hulle help mekaar en hulle help graag ook ander.

 

Hulle is trotse Afrikaners – en ek is ook een!

 

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

  • Replies 973
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Het ophou lees by "Agriforum"

Ek ook. Daai narre saai net verdeeldheid.

 

 

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Sjoe, ek dog ek is die enigste een wat so voel oor Kallie en sy knapies.
  • 1 month later...
Posted
Frouensdag – 9 Augustus

Ek wil jille iets fertel. Ek weed

jille krei nie nies nie want

daar Issie telewiesie en raadio

oppie plaas nie. As doominie

nie fir pa onner sensier gesit

het oor die mampoer

gestookery nie sou jille dit

seeker by die kerk gehoor het.

Nou sal êk mar fir jille moed

sê. Mar êk dink nie pa sal dit

glô nie.

Daar is nou ´n fakansie dag

net fir froumênse en

mysiekinners. Amper soos

moedersdag maar jei hoef nie

kinners te hê nie. Jei moed

net ‘n froumens wees. Meer

soos Krismis, net anners. Die

fakansiedag is die neënde van

Agustis. Dan mag froumênse

nie werk nie en net ris. Dan

moed die mans allie werk

doen. Daarom is dit by die

werk ook fakansie vir mans.

Soolat hille fir hille frouens

kan gan werk bei die heis. Ek

weed nie fir wie gan die mans

werk wat nie getrout issie.

Mar hille mag darem fir hille

self kos maak. Die frouens

wat nie mans hêt nie en ôkkie

mag werk nie sal seeker bei

hille pa`s moed gan eet of bei

die kavee.

Die fakansie is vir allie

frouens. Saartjie mag ook nie

kom werk en die hys

skoonmaak of skôttoelgoet

was nie. Pa moet alles doen.

Hei moed bet opmaak en kos

maak en ôpwas en kleere was

en floer ytvee en die koei

melk en alles.

Mans moed dit alles doen

solat frouens kan weed hille

word gerispekteer en

wardeer. Mar dis nie wardeer

soos wanner hille pa se goet

wardeer vir skuld nie. Dis

anners. Mans mag ôk nie hille

frouens slaan nie. Die

poeliese kan hille fang vir

misbehandeling van

froumênse. Mêns sê dis

aboeisieng woemen. Mar dis

ingils. Ma sallie ferstaan nie.

Ek dink ma moed nie fir pa

hierfan firtel as iemand bei is

nie. Ma weed hoe kan pa

praat. Ntnou wort hei langer

ônner sensier gesit. Ek dink

ook nie ma moed lat pa die

kuiermênse dinner set

gebruik nie. Al is dit amper

soos krismis. Ma weet hoe

stomp raak sei fingers as hy

ietsie yt die erdekan moet vat

fir sei seeniewees. En ek dink

die ding gat ôp sei seeniewees

werk.

Jille moed die dag geniet.

Lievde & groete,

Jille kint

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout