Jump to content

Sondag "kerk"-MTB


clauderoux

Recommended Posts

Hi almal,

 

Soos die somer op ons is en die hitte van die dag 'n faktor begin raak is vroeg oggend oefen in die orde van die dag.En naweke is die enigste tyd wanneer mens lekker lang ritte kan inkry...

 

Sommige Sondae word daar dan egter lang roetes gery en kerk word soms prysgegee.

 

Ek het gewonder of daar belangstelling sou wees, in die Bottelary Hills area, vir 'n soortvan "Kerk"-MTB so een of 2 keer n maand. Waar daar op 'n spesifieke plek byeengekom word en so ook ons lof aan ons Skepper te bring.

 

Die rede hoekom ek spesifiek oor MTB praat is omdat ek persoonlik meer bewus raak van Sy teenwoordigheid as ek in die buitelug is.

 

Ek verwelkom enige terugvoering.

Link to comment
Share on other sites

Claude ek dink dis 'n great idee - dis bitter jammer ek's hier bo in Pretoria want ek sou self verseker in so iets belangstel. Ek dink ons kan dalk hier in Pretoria na dieselfde konsep kyk, 'n paar van ons MTB buddies het al daaroor gepraat. Groetnis daar in die mooi wereld!

Link to comment
Share on other sites

Great idee Claude! Ek dink ek kan namens 'n paar vriende praat as ek sê ons sal join wanneer dit op die been gebring word. Laat weet as jy iets/hulp benodig.

Link to comment
Share on other sites

Dis n great idea maar as jy jou fietsry voor God plaas dan doen jy dit verkeerd.

As jy kerk mis omdat jy n long training ride wil doen, dan is fietsry meer belangrik vir jou.

probeer eerder beter beplan en ry saterdae of sondae oggende en dan het jy die aand oop vir diens

Link to comment
Share on other sites

Dis n great idea maar as jy jou fietsry voor God plaas dan doen jy dit verkeerd.

As jy kerk mis omdat jy n long training ride wil doen, dan is fietsry meer belangrik vir jou.

probeer eerder beter beplan en ry saterdae of sondae oggende en dan het jy die aand oop vir diens

 

Ek stem nie saam met jou nie oor die 1st deel nie. Ek vind baie keer dat ek niks anders kan doen as om dankie te se vir God terwyl ek fietry nie. As ek myself vind op n plek (soos in my foto) kan ek myself nie help om te dink hoe amazing Hy is vir my nie. En dit is juis waar ek nader aan hom voel as wanneer ek in n gebou sit (kerk) vol ander mense wat dalk net daar is omdat hulle voel hulle moet daar wees.

 

Ja, ek stem saam dat daar wel ook aand dienste is, en dit is wanneer ek kerk toe gaan. (Dan kan ek albei doen op een dag.)

 

Ek moet wel se dat vir my is kerk glad nie oor in die gebou bymekaar te kom nie (vir baie mense is dit), so ek dink iets soos wat die OP se is cool. Ek sal verseker so iets wil doen eendag met my 'partner' en/of ry groep ook.

Edited by hayleyearth
Link to comment
Share on other sites

@Haleyearth.. geen probeem

Ek voel mens kan orals en elke dag dankie se en met jou Skepper gesels, maar Kerk is belangrik, dit gaan nie oor die gebou nie maar as ek moet kies tussen kerk en n longride dan is dit nie n moeilike keuse nie, ry in die oggend en gaan in die aand.Ek dink dit boils down toe hoe aktief jou gemeente is en hoe goed jou predikant se preukof preke is , dis goed vir my om daar te wees en na die woord te luister, ek kan altyd later fiets ry.

Die probleem is sekere mense gaan kerk toe net om in die kerk te wees,, anyway dink nie wat ek rerig bedoel hier kom reg uit nie

Happy trails vir julle almal , be blessed

Link to comment
Share on other sites

Baie cool idee! Ek en n paar vriende sal verseker belangstel in so eits elke nou en dan. Hou ons op hoogte :thumbup:

Link to comment
Share on other sites

ek is keen. woon in Somerset Wes so is relatief naby.

Vir my is Kerk die gemeenskap van die heiliges. Kerk gaan oor die fellowship, die geestelike kos en die geestelike groei.

Link to comment
Share on other sites

Ek stel voor julle kontak vir Rudi, hys n dominee by die Gemeente met Oop Deure in Protea Hoogte en self 'n kranige bergfietsryer...dis hulle wat die Cycle for Christ groep ook begin het...sy nr is 021 nege ag een nil ag vier een.

Link to comment
Share on other sites

Dis n great idea maar as jy jou fietsry voor God plaas dan doen jy dit verkeerd.

As jy kerk mis omdat jy n long training ride wil doen, dan is fietsry meer belangrik vir jou.

probeer eerder beter beplan en ry saterdae of sondae oggende en dan het jy die aand oop vir diens

 

Daar is n groot verskil tussen fietsry voor God plaas en fietsry voor die kerk plaas

Link to comment
Share on other sites

Is 'n baie cool idee! Stem saam met julle dat mens God se teenwoordigheid en hand in die skepping baie voel en sien as mens mtb! Mens kan ook probeer om so 'n sel groep bymekaar te kry. Eerder as om by iemand se huis bymekaar te kom, kan mens trap na 'n cool spot, met 'n lekker view en daar bybel lees ens.

 

Tanx vdi great idee clauderoux!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout