Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Wat's die storie met die goed nou? Nie op hoogte met wat aangaan nie.

Dit is 'n grappie vir al die massas wat nou so naarstiglik aandring op grond....

Oprah Winfrey het destyds met haar program geskenke onder die gehoor se stoele weggesteek.

Ek het besluit om met bank sakkies vol grond in my bakkie te ry. Elke bedelaar kry nou 'n sakkie grond as ek by die verkeersligte stop. So dra ek by tot grond hervorming...... ( grappie geleen vanaf FB)

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Hehe, ek vang die grap.

Wat is die huidige situasie met grondhervorming? Het dit begin, gaan dit dit begin....?

Daar was oor die naweek gerugte dat 'n spul (klompie honderde) nuut-bevoorregtes vanuit Diepsloot en Olievenhoutbosch (grooooooot plakkerskampe) sommer besluit het om grond te annekseer in Mnandi in Centurion. Volgens hulle is die grond (sowat 6-7 hektaar), wat aan iemand behoort, onbenut en dit is nou hulle s'n......

Offisieel is daar nie enige aksies vanaf die staat om grond te vat nie. Maar verduidelik vir die ongeletterde massas dat die proses net politieke speletjies is.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Posted (edited)

Hehe, ek vang die grap.

Wat is die huidige situasie met grondhervorming? Het dit begin, gaan dit dit begin....?

https://www.enca.com/south-africa/watch-ramaphosa-slams-centurion-land-grab-as-illegal

https://rekordmoot.co.za/116547/watch-hundreds-rubber-bullets-fired-east-lynne-land-grabbers-clash-police/

Twee afsonderlike gevalle

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Edited by CogitoErgoSum
Posted

En so begin dit. Hulle gaan nou orals dit doen, en niemand gaan hulle keer nie. :cursing:

Dit is presies wat Malema wil he moet gebeur.

Posted

.

6a66b39737fcd6fd6081a5427ff80639.jpg

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Wat van ons oortuig n groot groep van die grondeisers om n stuk grond te gaan opeis op Tiananmen plein in Beijing of die Rooiplein in Moskou.  Dit behoort nogals n skouspel (nie lank nie maar tog iets) te wees.

Die kleur rooi pas goed in daar, veral in ag geneem die hoeveelheid blied wat reeds gevloei het daar....

In elk geval... my grootste bekommernis is nie as sulks die individuele stukke grond wat hulle afneem nie. Die impak wat hierdie aksies op die ekonomie as geheel gaan hê is my probleem. Die landbou sektor is reeds onder geweldige druk met die droogte. As elkeen dan sy 1 hektaar stukkie grond gekry het, wat dan? Hoe gaan hy 'n ekonomiese bydrae kan lewer met graaf en hark? Dink hulle masjienerie is gratis? Of dan met die groter plase, hulle weet net nie hoe nie (ek weet self nie hoe nie).... Google gerus SAPEKOE. Dit was/is 'n enorme tee-plantasie (was onder Lipton) wat aan die plaaslikes GEGEE is. Daar is niks oor van die lande nie. Die plek is vernietig. As ek dit reg het is ZZ2 nou besig om avokado boorde te vestig daar. Daar is baie ander voorbeelde ook. Hierdie mentaliteit van geregtigheid op ander se besittings is bo my vlak van verstand.

En hulle wil die Reserwe Bank nasionaliseer!!!! As daar te min geld is kan hulle nou na hartelus net nog druk....

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Edited by CogitoErgoSum
Posted

Wat daarvan ons kyk of dit moontlik is om hierdie Afrikaanse draad lekker vol te hou van vlymskerp stories? 'n Kwinkslag hier en daar, 'n lekke sappige storie, selfs 'n lekker lag ten koste van onsself so elke dan en wan. :)  

(Daar is reeds genoeg ontstellende, swartgallige politieke gemors in die nuus om almal wat daarvoor honger is duisend keer oor tevrede te stel.) 

Posted

Wel ek het lekker gelag om te lees in die draad van egskeidings oor jou naaldwerk talent.  Het my laat dink aan jare terug toe ek begin werk het saam met n vriend.  Hy kry n oproep van sy vrou (kort na hulle getroud is).  Hy sit langs my en kan sien die man luister aandagtig wat sy te se het.  Toe met eens trek hy los ... "Maar liefie, vir wat wil jy nou gaan staan en n naai masjien koop?  Jy het mos nou vir my".

Die res van ons om hom het natuurlik nie suksesvol geslaag daarin om nie te lag nie.

'n Snyer (dis mos 'n "tailor", is dit nie?) gaan hemel toe, maar net so om die draai van die poort af, kry hy 'n vrou wat hartseer sit en huil. Hy vra wat fout is en sy vertel dat sy 'n prostituut was en dat sy ook vreeslik graag in die hemel wil kom, maar dat daar nie 'n kans is nie, nie met die lewe wat sy gely het nie. Nee, maar hy sal haar insmokkel bied die snyer aan. Hy pak alles uit sy tas uit en sy klim daarin. Met die tas stewig toe, stap hy aan na waar St. Petrus by die hek staan en wag. Hy verduidelik dat hy sy lewe lank 'n vrome man was wat vir almal fatsoenlike klere gemaak het. Ja, hy is welkom en kan inkom, daar is vir hom 'n plekkie reg gemaak, maar wat het hy in sy tas vra St. Petrus? My naaimasjien natuurlik, antwoord hy oor sy skouer terwyl hy instap!!     

Posted

Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang koue maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.

Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie - van honger en ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agter gelaat.

Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en jou kroos kan sorg.

Ongelukkig het die storie n interessante nadraai:

Die verhongerde, verkluimde nasate van die sprinkaan wil toe weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.

'n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die mier in sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld is stom geslaan. "Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkane so ly?"

In 'n oogwink is SASU - die Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie - gestig. Hulle kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle loods 'n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens 'n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.

Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die sprinkane vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n sprinkaan gedoen is.

GATSAK - Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding - verklaar dat hulle 'n heilige oorlog teen miere begin. Die President verskyn op die agt uur nuus en se dat hy alles in sy vermoë gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.

Die Regering plaas EEVA - Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes - op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat sy huis vir herverdeling.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die staatshuis waain hy bly - wat net toevallig die mier se gewese tuiste is - rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.

Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel het - sien die sprinkaan die President voor 'n klomp wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op die veld aangebreek het.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel - drie in baie senior posisies met byvoordele - om die gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag net op die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles wat hulle in daardie tyd geoes het.

Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan produseer nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoenêr word deur kos uit te voer na sy ou veld toe.

Klink nogal bekend. Baie goed verwoorde verhaal.

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout