Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Vir my is een van die mees beskrywende woorde " vloermoer "....soos elke ouer seker sal weet.

... of enige iemand wat al met swak dienslewering te doen gehad het.

Posted

Geen risiko om verveeld te raak hier nie.  Tel die slapies af na die naweek wanneer die kinders se Paas skool vakansie begin.  Dan sal die daaglikse bombartement van elektroniese pos met al die skool werkies vir die dag ophou inkom en dan kan ek hopenlik in vrede weer n voldag se werk inkry in normale werks ure.  Huidiglik spring ek soos n kat op n warm plaat tussen my werk, video oproepe met my kollegas in Australie, skool werk verduidelik en wie weet wat nog alles om uit te sort en dan eers in die aande kan ek beter gekonsentreerd begin werk en begin inhaal.

Posted

Ah, lekker om weer hier te klets, begin baie verveeld te raak, voorgekom met my werk, wat maak Ek vir die volgende 2 weke?

Wanneer laas is jou fiets gewas? Hahaha
Posted

Ek soek werk! ..... Plaaswerk asb!

Ek het ervaring in:

Die verkeerde perd opsaal,

Te veel hooi op die vurk laai,

'n Eiertjie lê,

Jong osse inspan en Katte skiet.

Dan kan ek ook ou koeie uit die sloot grawe en met die hele mandjie patats uitkom.

Ek sal deur die wingerd loop met wingerdgriep en die wrange vrugte pluk.

Vroeg smôrens sal ek die room afskep, en op eiers loop.

Ek kan natuurlik ook balke saag, twak verkoop, appels swaai, en jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het.

My spesialiteit is om pêrels voor die swyne te werp en met 'n ander man se kalwers te ploeg.

Ek sal saam met die hoenders gaan slaap!

Ek sal vir jou die bul by die horings pak.

My weiveld ondervinding is om vir Wolf skaapwagter te maak en ook om agteros in die kraal te kry na dit by Daantjie in die kallerhok was.

Ek kan skape tel.

Ek kan die dam onder die eend uitruk, en ek kan hond haar afmaak.

Ek is 'n perd van 'n ander kleur, ouens soos ek is so skaars soos hoendertande. Ek werk vir 'n appel en 'n ei!

Laat weet my asseblief spoedig.

Ek kan enige tyd begin, net nie hierdie Saterdag nie, Jakkals het my genooi vir sy troue.

Hy trou met Wolf se vrou.

Baie dankie.

Posted

Ons woon in 'n Engelse wereld, maar my kinders is goed tweetalig Die een was op 'n stadium ongelukkig omdat Afrikaans sy skool gemiddeld afgebring het. Hy was maar altyd 'n wetenskap en wiskunde ou, nie te skerp met tale nie. Toe besluit hy om ekstra moeite met Afrikaans te doen en ek maak toe vir hom 'n lekker lang lys van mooi spreekwoorde wat hy in sy volgende eksamen opstel kan gebruik. Ek het gereken daar sal minstens 'n paar wees wat van toepassing is, maak nie saak wat die onderwerp is nie. Agterna kom vertel hy trots dat hy vir seker 'n A gaan kry wat hy het AL daai spreekwoorde in sy een opstel ingewerk - soort van soos jou storie hier bo! Hy het wel sy A gekry, maar ek reken hoofsaaklik omdat die onderwyser sy gat af gelag het!  :D

Ek wat nou stadig maar seker 3 tale kan praat kan vir jou noem dat Duits is n ander taal wat hulle versrkiklik baie spreekwoorde gebruik en daar is nogal baie van hulle wat eintlik vrek snaaks is en hulle gebruik dit nog steeds baie, selfs op televisie in nuus berigte.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout