Jump to content

I have an idea for a new thread...


TNT1

Recommended Posts

  • Replies 78.7k
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • 'Dale

    4540

  • Hairy

    4305

  • gummibear

    3909

  • Eddy Gordo

    3867

Top Posters In This Topic

KORT TREETJIES

‘n Wyle terug beleef ek die volgende voorval:

Manlief is sterwend op pad na dood toe.  Nierstene.  Maar dit is nou nie my storie om te vertel nie.  Ek sal egter dit sê:  ‘n Man in pyn is ‘n ellendige wese bitter ver van sielsaligheid af!  Nietemin, so is ons aan’t jaag van ongevalle, na sonarafdeling, na spesialis, na teater en uiteindelik terug na ‘n hospitaalbed. Ek voel of ek die een is wat narkose ontvang het, na al die gejaag.

Daar was nie tyd vir stilstaan, wat nog iets eet of drink in die hele proses nie.  En soos dit mos met hierdie dinge gaan, is Pappa nou wakker en honger en middagete is nou nét bedien, so hy moet maar wag vir aandete.  Goeie getroue eggenoot wat ek is, hardloop ek af na die hondduur kiosk in die hospitaal om tog net die tweede sterwensnood vir die dag af te weer.  Koop ‘n paar koeldranke, bietjie lekkers en neute, Landbou Weekblad (ek wéét mos wat is volgende……)en ‘n pakkie gedroogde mangorepe – om die derms weer aan die gang te kry, sien.

Terug in die saal pak ek die ware in die laai en maak vir hom ‘n koeldrank en die pakkie mangorepe oop.  Ek eet lustig saam.  Toe die klokkie vir die einde van besoektyd lui, besef ek my fout.  Die mangorepe op ‘n leë maag kan mos nou net probleme afgee.  Ek groet taamlik kortaf want my derms begin reeds waarskuwend optree.  Dink waar het ek die mannetjie- en vroutjiebordjies gesien en onthou toe daar is ‘n geriefie net by die ingang - of is dit nou uitgang - gegewe my huidige posisie….. 

Kort treetjies, Sarita, kort treetjies, probeer ek myself kalmeer.  Op ‘n stadium gaan staan ek botstil.  Kan nou nie eers ‘n kort treetjie waag nie.  Ek bekyk die Hoëveldse kosmostoneel teen die muur asof ek nog nooit in my lewe ‘n kosmos gesien het nie.  Hoe ek daar staan met serene kalmte op my gesig kan ek nie verduidelik nie.  Want binne in my is dit alles behalwe! Toe ek voel of ek dalk weer kan waag om te beweeg, is dit met versigtigheid.  Kort treetjies, Sarita, kort treetjies!

Net voor ek die geriefie reikhalsend bereik, storm hier ‘n dame van ander etniese oorsprong by my verby die kleedkamer in.  Sy is al besig om haar gordel en broek los te maak, sommer so in die draf.  Ek wil my nog verstom aan haar inhibisievrye handelswyse, maar daar is nie tyd nie…. Kort treetjies……. Ek haal die middelste hokkie net-net.  Alles gebeur in een handeling.  My multifunksionaiteit in top versnelling, sluit ek die deur agter my, draai om , trek af , gaan sit.  ‘n Klank verlaat my liggaam wat ek dink tot in Intensiewe sorg weergalm.  Ek is net dankbaar hulle het nie ‘n noodspan uitgestuur nie!  Die dame wat flussies voor my in die hokkie neffens my ingestorm het, haak af met ‘n “ JOH – JOH – JOOOOHHHHHH….!”.  In tussen het daar ook iemand in die laaste  hokkie ingegaan en sy sê so ewe “ It wasn’t me….!”

Nodeloos om te sê, ek het daar gesit tot ek doodseker was niemand behalwe ek is meer teenwoordig nie.  En lekker vir myself gelag.  Nood is nood.  Ons kom almal een of ander tyd daar.  Ek hoop ek het ook ‘n glimlag op jou gesig gelaat.  Sterkte met die Staat van inperking

Link to comment
Share on other sites

Not sure about vegans but I know when I make my meat free lentil curry I certainly produce a lot of hot air the next day...

 

And how many living creatures suffer then?

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout