Jump to content

who is Die MUISHOND?


Shebeen

Recommended Posts

This is Die Muishond

 

http://www.sacredrides.com/sites/default/files/styles/blog_detail_image_resize_crop/public/Gul.png

 

 

 

NOT

 

Oh, so it's not a before Captain Morgan's "energy" drink and after shot....? :devil:

 

 

Yep, we know it's not die MUISHOND, as Die MUISHOND's beard is made out of carbon fibre!

Edited by Tubehunter
Link to comment
Share on other sites

  • Replies 422
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Oh, so it's not a before Captain Morgan's "energy" drink and after shot....? :devil:

 

 

Yep, we know it's not die MUISHOND, as Die MUISHOND's beard is made out of carbon fibre!

 

Hehehehe

Link to comment
Share on other sites

It is said that Die Muishond's snot-rockets are more dangerous than real rockets. The last time he fired one it triggered the Cold War.

Edited by Ferro
Link to comment
Share on other sites

It is said that Die Muishond's snot-rockets are more dangerous than real rockets. The last time he fired one it triggered the Cold War.

That must be when the "Who else is sick at the moment" thread was started... :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Nicolai developed a frame for Die Muishond made from radioactive steel I-beams harvested from the defunct Chernobyl nuclear site. The commissioning of the frame came in within time and budget, because Die Muishond does not wait and also does not pay for anything. 

Link to comment
Share on other sites

The background story has been discovered....

 

From this link: http://www.woes.co.za/bydrae/druk/rubriek/die-muishond-kom-dan-maak-ek-jou-dag-jy-gaan-le-soos-jy-lag

 

Die Muishond (Kom, dan maak ek jou dag, jy gaan le soos jy lag)

Ek weet nie wie het hierdie geskryf nie, daar was nie 'n naam by nie, maar ek het dit in 'n email van 'n vriend gekry, het my amper natgemaak soos ek kliphard hier in die eensaamheid van my studeerkamer gelag het, die trane het gerol.

Ek moet dit net met julle deel.

CHEMIESE OORLOGVOERING

In die vroeë 1990’s, word ek vroeg een oggend wakkergeklop deur een van my veewagters. Hy hou versigtig sy toegevoude boshoed na my uit. Toe ek die boshoed oopmaak, was daar ‘n baba muishondjie binne-in. So het ons avonture met Loopy begin. Sy was te dierbaar. Sy het as een van die gesin grootgeword. ’n Vriendelike, spelerige ou dingetjie. Die Boerboel, Bruno, en die Worshond, Chappies, was haar grootste maats. Alhoewel baie mense my gewaarsku het oor die muishond se bekendste wapen, het ek oudergewoonte my gat aan hulle afgevee. Loopy het nooit van haar chemiese arsenaal gebruik gemaak nie. Trouens, ek het gedink dat sy al vergeet het dat sy oor so iets beskik het.

‘n Goeie vriend van my, Dirk, het een Saterdagmiddag kom kuier. Dirk se grootste liefde was Red Heart Rum, gevolg deur vuurwapens.(Ken iemand die Dirk, klink of hy in Charlie Kompanie was). Hy het n ou haelgeweer, van die tipe wat nog hane gehad het, saamgebring. Ons het op die geelhoutriempiesbank op die stoep gesit. Loopy het oudergewoonte op haar kussing bo-op die bank rustig gelê en slaap. Dirk wou die haelgeweer uittoets met AAA patrone. Ek het hom gekeer en vir hom 2 haelpatrone gegee waarvan die haelkorrels verwyder is. Hy het die geweer gelaai, die hane teruggetrek en die sneller getrek. Absoluut niks het gebeur nie. Hy het dit drie of vier keer gedoen en die geweer wou nog steeds nie afgaan nie. Ek het toe die huis ingegaan om vir ons vloeibare verversings te kry. Terwyl ek weg was, het Dirk weer die haelgeweer gelaai, die keer met die bokhaelpatrone. Ons het rustig gesels toe Dirk weer die haelgeweer optel, na die sinkdak mik en die snellers trek. Die resutaat . . . . TOTALE CHAOS !!!!!

Die feit dat hy die sinkdak moer toe geskiet het was die minste van ons probleme. Dinge het toe teen ligspoed gebeur. Loopy het met ‘n weersinswekkende kreet opgestyg, soos n tol in die rondte gespin en haar chemiese wapen in die oortreffende trap in allerigtings in werking gestel. Mense, dit was verskriklik. Toe die eerste sarsie my tref, het ek onwillekeurig oor die stoepmuur geduik en die grond snoet eerste getref. Bruno, die Boerboel, het opgespring en tjankend teen die stoepmuur vasgehardloop. Hy het terselftertyd ‘n reuse aanval van “gippo-guts” gekry. Chappies, die worshond, het ‘n perfekte pirouette uitgevoer, gevolg deur ‘n agteroor “somersault” wat hom ‘n goue medalje op enige Olimpiese spele sou laat wen het. Dirk het geskok opgespring, gegly op Bruno se stront, en die sementvloer met n dowwe slag getref. Hy het toe blitsvinnig die trappe afgeseil. Dirk, ek en die twee honde het in ‘n toestand van totale, absolute skok op die grasperk gehergroepeer.

Mense, die persoon wat daardie stank op papier kan bewoord, is nog nie gebore nie. Dit was onbeskryfbaar. Dit het geruik asof elke sweetgaatjie wat jy het in ‘n dooie rot verander het. Ons het bewend van skok en ongeloof op die grasperk gestaan. Trane van verontwaardiging en selfbejammering het oor ons wange gerol. Die honde het so gebewe en geruk dat ek enige oomblik verwag het dat hul gaan beswyk. Hulle was te bang om genoeg asem te skep om te tjank. My vrou het die deur oopgeruk en dadelik weer toegeslaan. Sy het twee oorpakke en ‘n blok seep deur die ruit in ons rigting geslinger en ons duidelik in kennis gestel dat ons nie die huis sou betree alvorens ons die stank afgewas het nie.

Op daardie stadium het Loopy, met haar kenmerkend oulike draffie, die trappe afgekom om te kom kyk waaroor die bohaai gaan. Die honde het vreesbevange en tjankend, stert tussen die bene, koers gekies skaapkraal toe. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek gesien het dat ‘n Boerboel net so vinnig, indien nie vinniger nie, as ‘n Windhond kon beweeg. Ek en Dirk het met ‘n spoed die akkerboom bestyg. Loopy het gelukkig omgedraai en haar middagslapie op die bank gaan hervat. Ons het toe, redelik haastig , na die sinkdam toe beweeg om die stank af te was. Dit was winter in Standerton. Die water was net-net bo vriesspunt. Dit het ons geensins gepla nie. Ons het ingeduik en dadelik begin was. Dit het nie baie gehelp nie. Ek dink dat ‘n rioolplaas soos “Old Spice” deodorant in vergelyking met ons sou geruik het. Die honde, wat redelik skrikkerig was vir water, het instinktief besef dat indien hulle wou oorleef, ook sou moes bad. Hulle het toe ook in die dam gespring.

Nadat ons gewas en aangetrek het, wou ons die huis binnegaan. Die Riller, met wie ek op daardie stadium getroud was, het volstrek geweier. James, wat in die tuin gewerk het, het die klerasie wat ons ten tyde van die aanval aangehad het, op ‘n hoop gehark, met diesel deurweek en aan die brand gesteek. Ons het toe maar besluit om in die skeerskuur te gaan slaap. Gewapen met n sak stronke, ‘n swanniebraaier, pak wors en ‘n bottel mampoer, het ons onsself maar tuisgemaak in die stoor. Dit was ‘n droewige en onvergeetlike nag. As die koue ons nie wakkergehou het nie, was dit die stank of die honde se nagmerries oor die dag se gebeure.

Ons het vroeg die volgende oggend weer in die sinkdam gespring. Hierde keer het dit darem gehelp. Loopy het, tot haar afsterwe, nooit weer haar chemiese wapentuig benut nie. Ek, Dirk en die honde het haar tot haar einde toe, met n nuwe respek, gekoppel aan 'n doodse vrees, bejeen . . . . .

Edited by Tubehunter
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout