Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 973
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

  • 4 weeks later...
Posted

'n Geseënde Geloftedag môre aan al my Afrikaanse wiel naaf vriende.

 

 

a3eaa4444b933d72a2580c56710dd85b.jpg

Ditto broer, mog dit 'n baie geseënde dag wees met baie bitter belangrike herinneringe.

 

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Posted

'n Geseënde Geloftedag môre aan al my Afrikaanse wiel naaf vriende.a3eaa4444b933d72a2580c56710dd85b.jpg

'n Geseënde Geloftedag môre aan al my Afrikaanse wiel naaf vriende.a3eaa4444b933d72a2580c56710dd85b.jpg

Hoe maklik vergeet n ou.......sterkte aan die wat die fakkel met trots nog hoog hou.
Posted (edited)
Liewe Kersvader,

Hoe gaan dit met Oom? En met Tannie Krismis? Ek hoop al die takbokke en die

Elwe is ook almal gesond.

Soos u seker weet, was ek die jaar ‘n baie soet seun. Ek sal asseblief ‘n X-Box 360

met Grensvegter klaar gelaai, en nuwe Apple IPhone 5 wil ontvang vir Kersfees.

Groete en Geseënde Kersfees,

Bennie Botha

 

Liewe Bennie,

Dankie vir jou mooi briefie. Die tannie, die takbokke en al my helpertjies is almal

blakend gesond en hulle laat weet dankie dat jy uitvra na hulle. Kersvader is egter bekommerd dat jy te veel tyd spandeer met videospeletjies en selfoontekse stuur.

Jy is juis besig om bietjie lywig te raak weens te min oefening. Daarom, en omdat jy so soet was, dink ek dat ek liewer vir jou ietsie gaan bring waarmee jy buite kan speel en van daai ekstra vetjies ontslae raak.

Geseënde Kersfees,

Kersvader

 

Geagte Mnr. Kersfees,

Siende dat ek my deel van ons soet teenoor stout kontrak nagekom het, voel ek vol vertroue dat u plan sal maak om my te gun wat my toekom. Ek wil nie graag hierdie feestyd skend en omskep in hofgeding nie. Verder dink ek dis bietjie vermetel om te verwys na my gewig, veral komende van ‘n oorgewig ou man wat maar een keer per jaar buite kom.

Hoogagtend die uwe,

Ben Botha

 

Meneer Botha,

Hoewel ek toegegee het dat jy jou beter gedra het die jaar, moet ek jou daarop wys dat jou Kerslys slegs ‘n versoeklys is en op geen manier ‘n waarborg is dat dienste gelewer sal word nie. Dis egter jou volle reg om wetlike stappe te neem, maar neem kennis dat ek en my prokureurs al suksesvol sake doen sedert dierebeskerming my aangevat het oor die werkslas van my takbokke. Ek is dus meer as gewillig om jou aan te vat in die hof. Verder wil ek ook net byvoeg dat die oefening wat ek voorskryf, nie net jou gesondheid sal verbeter nie, maar dit sal jou ook help met jou sosiale interaksie en selfs van daardie klomp puisies op jou gesig laat opklaar.

Die Uwe,

Kersvader

 

Kyk hier Vettie,

Ek het jou nou klaar laat weet wat ek wil hê en ek verwag dat jy dit vir my gaan bring. Ek was maar net beleefd. Maar nou, omdat jy my in die gesig vat en my vriende ook nog bysleep, gaan ek hulle juis teks en ons gaan vir jou met jou dikgat inwag en ek gaan VAT uit daai sak van jou NET WAT EK WIL!

Breker Botha

 

Luister Pizzagevreet,

Is jy gerook? Dink jy ‘n ou wat by ELKE huis in die wêreld inbreek in een nag, sonder om gevang te word, gaan skrik vir ‘n snotneus soos jy? Ek weet wanneer jy slaap en ek weet wanneer jy wakker is, jou klein stront. Besef jy hoeveel kontakte ek het, my pel? Ek is bedraad, ou maat! Op my rondtes sien ek siek goed. Ek het maniere om jou te laat bloei waar mens nie wil bloei nie. As ek jou moet vertel, skiet jy net daar ‘n kat op jou ma se duur persiese mat. Wees verseker jy gaan nie kry wat jy voor gevra het nie, maar ek gaan steeds opdaag en dan kan ons bietjie jou pyndrumpel toets.

KV

 

Liewe Kersvader,

Bring vir my net wat jy wil, ek sal ENIGE IETS waardeer!

Bennietjie

 

Bennie,

Ek het so gedink.

Kersvader.

Edited by Bateleur1
  • 3 weeks later...
Posted
Daar is tye wat 'n mens dankbaar is jy mis 'n braai en 'n kuier, veral as jy die volgende dag daar kom om te sien hoe rof die party was. 

Die spit is amper skoon geeet die bottels & glase staan die wereld vol, paar mense nog op soek na fone en klere, tot jy om die hoek kom en jy sien die skaap staan nog teen die paal vasgemaak!....

Maar die hond is weg!!!

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout