Jump to content

Recommended Posts

Posted

Ek stem. maar ek dink hierdie gaan meer om samesein te betoon.

Soos die een boer gese het, al die boere moet eintlik stad toe ry met hulle trekkers in spitsverkeer, maar in low range, almal in n bondel. Dan is daar genoeg choas om aandag te kry. 

Dit werk vir die taxis... 

 

Baie jare terug (ek was nog op skool) het die boere Pretoria se strate kom toe maak.  Kan nie onthou waaroor die protes was nie.

  • Replies 973
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Ek het 'n elektroniese pos boodskap gestuur aan Krieket Suid Afrika oor die moontlikheid dat die spelers 'n armband of selfs swart dra wanneer hulle weer speel.

 

Ek het ook voorgestel dat hulle 'n advertensie veldtog moet oorweeg. Dalk waar die spelers probeer boer, maar dan besluit om eerder krieket te speel op 'n boer se lande...

 

Ek het ook genoem dat dit nie 'n politieke benadering nodig het nie, maar dat daar eerder standpunt geneem word en dat diè wat die nasie voed, ondersteun word.

 

Ek het geen antwoord tot dusver gekry nie....

 

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Posted

Baie jare terug (ek was nog op skool) het die boere Pretoria se strate kom toe maak. Kan nie onthou waaroor die protes was nie.

My pa en skoonpa was deel daarvan. Kan self nie onthou wat die rede daarvoor was nie.

 

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Posted

Ek het 'n elektroniese pos boodskap gestuur aan Krieket Suid Afrika oor die moontlikheid dat die spelers 'n armband of selfs swart dra wanneer hulle weer speel.

 

Ek het ook voorgestel dat hulle 'n advertensie veldtog moet oorweeg. Dalk waar die spelers probeer boer, maar dan besluit om eerder krieket te speel op 'n boer se lande...

 

Ek het ook genoem dat dit nie 'n politieke benadering nodig het nie, maar dat daar eerder standpunt geneem word en dat diè wat die nasie voed, ondersteun word.

 

Ek het geen antwoord tot dusver gekry nie....

 

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

 

Ek sal nie my asem ophou nie. Hulle sal dit sien in 'n politieke lig, of jy dit nou so bedoel of nie.

Posted

Baie lank gelede op 'n radiostasie.

 

Vrou bel in om 'n prys te wen.

 

Mevrou Smit, sê vir ons luisteraars wat is die algemeen bekende naam vir natriumchloried.

 

Uhm , uhm. Ai toggie, gee my 'n leidraad asseblief.

 

Maklik . Jy gooi dit in die oggend op jou man se eiers.

 

Oo ja. Babapoeier !

              

Posted

Ek het in die parkeerterrein gestaan toe 'n baie vuil, verwaarloosde man wat bedel by my 'n paar rand vir aandete kom vra het.

Ek het my beursie uitgehaal en twintig rand in die lug opgehou. "Sê my as ek hierdie geld vir jou gee, gaan jy bier daarmee koop in plaas van aandete"?

"Nee, se die man, ek het jare gelede al ophou drink"! "Goed, sal jy gaan en die geld by gesellin club spandeer in plaas van om kos te koop"?

"Nee, ek sal nie my tyd mors met seks nie, ek moet al my tyd gebruik om bloot aan die lewe te bly". "Sal jy die geld gebruik om berg toe te gaan"?

"Is jy mal, se die man, ek ry al vir 20 jaar nie meer fiets nie".

"Goed dan, ek gaan nie die geld vir jou gee nie, maar ek en my vrou gaan jou vanaand uitneem vir ete"!

Die boemelaar was geskok, "Sal jou vrou nie woedend wees nie, ek is vuil en ek ruik ook nie lekker nie".

"Nee wat, dit is doodreg!………. Dit is belangrik dat my vrou sien hoe 'n man lyk nadat hy seks, bier en fietsry gelos het !

Posted

So n hele paar jaar gelede het ek en my vrou oppad huis toe gestop by n klein winkel sentrum.  Ons moes so paar goedjies koop vir aand ete by Woolworths.  Daar was altyd by die sentrum so swart dame wat gras besems verkoop het.  Soos wat sy aankom met die besems en vra of ons nie een will koop nie se ek nee dankie.  My vrou kan sommer saam met my huis toe ry en dit is nie nodig vir haar om huis toe te vlieg nie.  Was so bietjie in die bollie vir so ruk daarna.

Posted (edited)

Lekker af naweek en goeie weer voorspel[emoji41]f302041f2044a3c552760a17961fe639.jpgefebccbb21f5f73e349b86f19bf6d0a5.jpg

Sal maar eerder fietsry, was nog nooit so arm om te draf nie ????

 

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Edited by BSG
Posted

'n Perd stap die kroeg binne. Die kroegman vra vir die perd, "Ai man, hoe is dit dan met die lang gesig vandag?" Die perd sê, "Ek dink die alkoholisme word 'n probleem vir my familie"

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout