Jump to content

Die Naafland Afrikaanse draad

Kalahari Vegmot

Recommended Posts

Vir my was dit 'n katarsis. Maar ek koester geen wraak nie.

Tot my skaam of trots (nie seker watter een nie) ken ek hierdie klassieke rolprent feitlik uit my kop uit.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Vir my was dit 'n katarsis. Maar ek koester geen wraak nie.

Tot my skaam of trots (nie seker watter een nie) ken ek hierdie klassieke rolprent feitlik uit my kop uit.

Ek sien iemand het vanoggend 'n HAT opgevreet.

Rustig, ou seun.

Link to comment
Share on other sites

Ek weet nie waaroor julle so aangaan nie; afrikaanse flieks en so aan is vir my maar meh...

Ek het wel El Debbo se Vratse in die vloot, Fiela se kind, en (noem my gay as jy moet) Semi-Soet redelik geniet. Noot vir noot irriteer my-maar meestal omdat dit realiteit-TV is(dit oor die algemeen pla my)

Link to comment
Share on other sites

Noot vir Noot bly ook n gunsteling

Toe ek nog op skool was, was daar 'n tannie wat vir so paar weke in die snoepie kom werk het. Een van die seuns vind toe uit dat sy 'n jaar of twee tevore op Noot vir Noot was en offer sy hele pouse op (dit was 'n besige snoepie...) om in die ry te staan net om vir haar te kon vra "Hoe lyk dit met drie note?" toe hy voor kom.

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir hierdie draad! Dit het my nou lekker laat lag.

Wat dink julle van die Kyknet programme? Dit krap my om want in die helfte van die programme meng hulle ons mooi Taal en in die ander helfte gebruik hulle anglisismes. Ek kan iets oorkom, ek dink hulle gebruik ook "Google Translate". 

Link to comment
Share on other sites

So in my matriek-jaar staan almal een middag op hete kole en wag vir meneer die skoolhoof om die afkondigings aan die einde van die skooldag oor die interkom af te kondig. So lees hy langsamerhand die verskillende byeenkomste se bymekaarkom tye af. Ek kan nie als onthou wat hy daardie dag kwyt geraak het nie, maar toe hy afkondig dat Juffrou Smit se draad-trek span om 3 uur op die C rugby veld ontmoet vir die dag se oefening, kon jy 'n speld hoor val. Die stilte het seker so 3 sekondes geduur voordat die hele skool soos 'n bom ontplof het van die lag.

Nodeloos om te noem was daar 'n groot bohaai oor die affêre gewees. Daar was selfs forensiese handskrif ontleders van die Polisie ingeroep om te kyk wie skuldig was aan die inhandiging van die berugte afkondigings-briefie aan die skool-sekretaresse. Die skuldige was nooit gevang nie, al het al die matriek seuns geweet wie dit was. Ons het geswyg.

Ek sal daardie dag nooit vergeet nie. Dit het in 1994 afgespeel.

Ek het nou lekker gelag.

Link to comment
Share on other sites

Jy't lanklaas iets oor kruisfiks gesê...

Ek het vir n ooblik nie geweet waar oor jy nou praat nie, is daar n aanvaarde naam vir "Crossfit" dit is n gerigistreerde handels merk en BAIE suksesvolle besigheid.

Ek sal n paar name moet opsoek.

"WOD" = OVD - oefening van die dag.

Net so terloops die internationale ope stryd begin erens in Augustus waar die hele wereld sal deelneem aan dieselfde oefeninge.

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout