Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted (edited)

Hey @eddy, watter jare was jy op Helpmekaar?

 

Ek was '88 tot '90

 

Voor dit in Randburg, saam met die klomp van Orkney Snork Nie!

KOMAAN, jy hey@eddy my nie sommer so nie. Vir jou is ek tenminste 'skuus dat ek pla oom @eddy.????

 

Ek was op Helpmekaar tydens die hoogtepunt van Christelik Nationale Opvoeding toe jou onnies nog op laerskool was.

 

Ek het in 1976 matriek geskryf. Ek vestaan dit was egter minder barbaars in the laat tagtigs......????

Edited by eddy
Posted

"LOL"-Lag oom lag???

Lag Ons Lekker.

 

Ek sien wel op vleisboek die jonges van vandag praat eerder van LMGA - Lag my gat af.

 

Ek kan nie byhou met al die nuwe vleisboek taal nie so gebruik maar meestal haha vir 'n flou grappie of Bwahahahaha vir 'n gemiddeld tot koffie-op-my-skootrekenaar grappie.

 

Sent from my LG-H815 using Tapatalk

Posted

KOMAAN, jy hey@eddy my nie sommer so nie. Vir jou is ek tenminste 'skuus dat ek pla oom @eddy.

 

Ek was op Helpmekaar tydens die hoogtepunt van Christelik Nationale Opvoeding toe jou onnies nog op laerskool was.

 

Ek het in 1976 matriek geskryf. Ek vestaan dit was egter minder barbaars in the laat tagtigs......

Bliksem, maar oom is oud! :eek:

Posted

lyk my ek sal moet ophou vloek op die garingdraad.

aldus, uit respek vir die baie Ooms wat hier rondhang.

in 1976 was ek nog nie eers 'n gedagte gewees nie

ek is gebore in die jaar wat PW president geword het en Desmond sy nobel prys gekry het.

Posted (edited)

Bliksem, maar oom is oud! :eek:

 

 

Ja, maar ek was darem net 16 gewees.  :eek:

 

Twee maande later was ek 17 en in die Army (dit was destyds 'n Afrikaanse woord)  besig met diensplig.

 

So al julle jong snuiters moet op julle hoede wees. Ek is deur die einste PW opgelei om die pas te kan vat. Ek gaan nog lank hier wees.

Edited by eddy
Posted

lyk my ek sal moet ophou vloek op die garingdraad.

 

aldus, uit respek vir die baie Ooms wat hier rondhang.

 

in 1976 was ek nog nie eers 'n gedagte gewees nie

 

ek is gebore in die jaar wat PW president geword het en Desmond sy nobel prys gekry het.

Dit is 'n baie goeie voorstel, jy is nog te nat agter die ore om sulke lelike taal te gebruik

Posted

Moenie Molly en Wors vergeet nie....dit is ook baie goeie voorbereiding en tipies wat in huwelikke gebeur....

 

 

Molly en wors is 'n pot stront.

Kommin rubbish

Ek aanvaar dan hoekom jy die uitlating gemaak het.....jou ouderdom   :w00t:

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout