Jump to content

Recommended Posts

Posted

Skoonma praat met haar skoonseun.

 

Hoe lyk ek vandag vir jou?

Nee wat ma lyk goed.

Sien jy nie iets anders nie ?

Hare, jy't 'n nuwe haarstyl.

Nee man ,kyk mooi.

Grimering , jy doen dit bietjie anders.

Nee kyk weer.

O, oorbelle . Jy het ander oorbelle aan.

Nee dommie. Ek dra 'n gasmasker.

 

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Ek bak hierdie jaar my eie kerskoeke, die resep is *n wenner**..en ek deel

dit graag met julle!

 

(Hierdie is die maklikste resep ooit. volg net die instruksies!)

 

Bestanddele:

 

· 1 Koppie Water

· 1 Teelepel Koeksoda

· 1 Koppie Suiker

· 1 Teelepel Sout

· 1 Koppie Bruin Suiker

· Suurlemoensap

· 4 Groot Eiers

· Neute

· 1 Bottel Brandewyn

· 2 Koppies droë Vrugte

 

Metode:

 

Proe die Brandewyn om die gehalte te toets.

 

· Neem 'n groot mengbak en proe weer die Brandewyn.

 

· Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol en drink dit.

 

· Herhaal.

 

· Skakel die menger aan. Klits een koppie botter in 'n donsige bak.

 

· Voeg 'n teelepel suiker by. Klits weer.

 

· Maak seker die Brandwyn is sjteeds goed.

 

· Drink nog 'n koppie vir die wis en onwis.

 

· Skakel die menger af.

 

· Breek twee eiers, gooi dit en die droëvrugte by.

 

· Tel die vrugte van die vloer af op. Meng die skakelaar aan.

 

· As die droëvrugte vassjit sjkroewedraaier dit losj.

 

· Proe die Brandewyn vir gifterigheid.

 

· Sif nou twee koppies sout of so iets. Wie gee om?

 

· Proe die Brandewyn. Sif die suurlemoenspa

 

· Dreineer dei neuter en gooi 'n tafel by.

 

· Dan een lepel sjuiker of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry.

 

· Smjeer die oond. Draai die koekpan 360* en moenie val nie.

 

· Menger die afskakel.

 

· Gooi die bak deurie venster en drinkie laasjte Brandewyn op.

 

Wie sjoek anyway krijsmas koek in Novbemer

Posted

My beskeie bydrae...

Dit was regtig my pa se antwoord toe ons ouers gevra het, pleks het ek geluister [emoji848]????[emoji15]

 

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

  • 4 weeks later...
Posted

'n Geseënde Geloftedag môre aan al my Afrikaanse wiel naaf vriende.

 

 

a3eaa4444b933d72a2580c56710dd85b.jpg

Ditto broer, mog dit 'n baie geseënde dag wees met baie bitter belangrike herinneringe.

 

Sent from my VTR-L09 using Tapatalk

Posted

'n Geseënde Geloftedag môre aan al my Afrikaanse wiel naaf vriende.a3eaa4444b933d72a2580c56710dd85b.jpg

'n Geseënde Geloftedag môre aan al my Afrikaanse wiel naaf vriende.a3eaa4444b933d72a2580c56710dd85b.jpg

Hoe maklik vergeet n ou.......sterkte aan die wat die fakkel met trots nog hoog hou.
Posted (edited)
Liewe Kersvader,

Hoe gaan dit met Oom? En met Tannie Krismis? Ek hoop al die takbokke en die

Elwe is ook almal gesond.

Soos u seker weet, was ek die jaar ‘n baie soet seun. Ek sal asseblief ‘n X-Box 360

met Grensvegter klaar gelaai, en nuwe Apple IPhone 5 wil ontvang vir Kersfees.

Groete en Geseënde Kersfees,

Bennie Botha

 

Liewe Bennie,

Dankie vir jou mooi briefie. Die tannie, die takbokke en al my helpertjies is almal

blakend gesond en hulle laat weet dankie dat jy uitvra na hulle. Kersvader is egter bekommerd dat jy te veel tyd spandeer met videospeletjies en selfoontekse stuur.

Jy is juis besig om bietjie lywig te raak weens te min oefening. Daarom, en omdat jy so soet was, dink ek dat ek liewer vir jou ietsie gaan bring waarmee jy buite kan speel en van daai ekstra vetjies ontslae raak.

Geseënde Kersfees,

Kersvader

 

Geagte Mnr. Kersfees,

Siende dat ek my deel van ons soet teenoor stout kontrak nagekom het, voel ek vol vertroue dat u plan sal maak om my te gun wat my toekom. Ek wil nie graag hierdie feestyd skend en omskep in hofgeding nie. Verder dink ek dis bietjie vermetel om te verwys na my gewig, veral komende van ‘n oorgewig ou man wat maar een keer per jaar buite kom.

Hoogagtend die uwe,

Ben Botha

 

Meneer Botha,

Hoewel ek toegegee het dat jy jou beter gedra het die jaar, moet ek jou daarop wys dat jou Kerslys slegs ‘n versoeklys is en op geen manier ‘n waarborg is dat dienste gelewer sal word nie. Dis egter jou volle reg om wetlike stappe te neem, maar neem kennis dat ek en my prokureurs al suksesvol sake doen sedert dierebeskerming my aangevat het oor die werkslas van my takbokke. Ek is dus meer as gewillig om jou aan te vat in die hof. Verder wil ek ook net byvoeg dat die oefening wat ek voorskryf, nie net jou gesondheid sal verbeter nie, maar dit sal jou ook help met jou sosiale interaksie en selfs van daardie klomp puisies op jou gesig laat opklaar.

Die Uwe,

Kersvader

 

Kyk hier Vettie,

Ek het jou nou klaar laat weet wat ek wil hê en ek verwag dat jy dit vir my gaan bring. Ek was maar net beleefd. Maar nou, omdat jy my in die gesig vat en my vriende ook nog bysleep, gaan ek hulle juis teks en ons gaan vir jou met jou dikgat inwag en ek gaan VAT uit daai sak van jou NET WAT EK WIL!

Breker Botha

 

Luister Pizzagevreet,

Is jy gerook? Dink jy ‘n ou wat by ELKE huis in die wêreld inbreek in een nag, sonder om gevang te word, gaan skrik vir ‘n snotneus soos jy? Ek weet wanneer jy slaap en ek weet wanneer jy wakker is, jou klein stront. Besef jy hoeveel kontakte ek het, my pel? Ek is bedraad, ou maat! Op my rondtes sien ek siek goed. Ek het maniere om jou te laat bloei waar mens nie wil bloei nie. As ek jou moet vertel, skiet jy net daar ‘n kat op jou ma se duur persiese mat. Wees verseker jy gaan nie kry wat jy voor gevra het nie, maar ek gaan steeds opdaag en dan kan ons bietjie jou pyndrumpel toets.

KV

 

Liewe Kersvader,

Bring vir my net wat jy wil, ek sal ENIGE IETS waardeer!

Bennietjie

 

Bennie,

Ek het so gedink.

Kersvader.

Edited by Bateleur1

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout