Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 1.8k
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted
1 hour ago, *Reinet* Marais said:

It’s with much heartache that I have to let you know, Francois passed away this morning around 5:30 😭

Reinet, my hartlike en innige simpatie met julle verlies. Ek bid vir vertroosting vir jou, en julle ouers in hierdie moeilike tyd. Francois is nou in Heerlikheid, vry van die siekte en ellende wat hom so lank geknel het. Hy kniel voor die voete van Jesus wat hom ontvang het in majesteit. Daarom, al is die seer van sy verlies rou en diep, treur julle nie soos die wêreld sonder hoop nie, maar julle treur soos die wat 'n Hoop het op hereniging. Mag dit julle dra in hierdie baie moeilike pad.

Dankie dat jy vir ons laat weet het. Hierdie klomp mense wat Francois nooit in persoon ontmoet het nie, maar wat almal voel ons het hom geken tot 'n sekere mate. Vertroos jou daarin dat hy waarlik 'n voorbeeld van deursetting, geloof en sterke krag aan elkeen van ons was. Hy sal altyd vir my iemand wees na wie ek kan opkyk as 'n voorbeeld van hoe om in waardigheid sy kruis te dra.

@Cois sal lank bly leef in elkeen wat met hom te doen gehad het se harte, en vandag huil baie van ons saam met julle.

Dankie, dat julle bereid was om sy ongelooflike storie met vreemde mense te deel. Julle het werklik 'n verskil gemaak.

Posted

Dit is sulke hartseer nuus!

Reinet, Die een pyn word nou vervang met 'n ander. Ek bid jou sterkte toe, want al leer 'n mens om aan te gaan met die lewe, kan 'n mens nooit vergeet nie. Ek persoonlik kan my nie indink hoe jy jou emosies en persoonlike pyn verwerk nie. Net God alleen kan jou daardie krag gee. En net soos soveel ander Hubbers al genoem het hoe Cois ons lewens beinvloed het, wil ek byvoeg. Jy Cois het familie geword. Al is jy miskien nie 'n groot fietsryer nie, jy weet waar om te kom vir hulp.

Sterkte

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout